Yolandi van der Wath

Sedert 2007 begelei Yolandi van der Wath avontuurlustige Suid-Afrikaners op hul reise en pelgrimstogte na die plekke van die Bybel. Natuurlik is Israel ons hoof bestemming, maar ander Bybellande soos Egipte, Turkye, Italië, Griekeland en deesdae ook Spanje waar ons die Camino de Santiago pelgroemsroete aflê, het met die tyd gevolg.

Depending on the spiritual leader of any given tour, our tours are conducted in Afrikaans or English, or sometimes both. All tours conducted by TIB tours have a full time English speaking guide and bus driver accompanying the group, and Yolandi then acts as tour leader. Our spiritual leaders are carefully selected Bible specialists with a brilliant knowledge of the Bible lands, history and interpretation. If you intend to organise a group tour for your congregation or church, it is not necessary for Yolandi to join the tour and we will assist you with all the preparation, a detailed and well researched tour leaders-manual and a well organised itinerary.

"My wens is om elke toerlid en pilgrim se besoek aan die Bybellande ‘n onvergeetlike ervaring te maak. Ek beleef met elke toer die afsprake wat Hy met toerlede het en besef dat ek slegs ‘n instrument is wat hierdie geleenthede nederig wil fasiliteer. Elke toer en reisplan word haarfyn beplan en tot die fynste detail uitgewerk om seker te maak jou ervaring is van hoogstaande gehalte. Ons gaan jou die plekke wys en stories laat hoor, maar jou ook bekendstel aan die mense wat tans daar woon en hul kulture, musiek, kosse en leefwyses laat probeer verstaan. So kom saam met ons!" ~ Yolandi