Oppad na Israel!

Ek vertrek Saterdag 9 September op my 9de reis na Israel en Jordanië en is sowaar net so opgewonde soos die eerste keer. Alhoewel baie besoekplekke by alle reisplanne ingesluit word, is elke keer anders en daarom gaan ek ons ervarings, stories en hoogtepunte met julle deel. Vir dié wat al saam met my daar was – mooi herinneringe vir julle, en vir almal wat nog beplan om saam te gaan, opwindende lusmakertjies. Hierdie toer sluit ‘n paar nuwe besoekplekke en ‘eerstes’ vir my ook in, so kom geniet dit saam met my!

Ek sal elke paar dae ons stories en fotos op hierdie nuwe blog met jul deel, so skryf gerus in dat jy kennisgewings kan ontvang en nie dalk ‘n brokkie nuus mis nie.

So kom toer gerus saam met ons. Sien julle in Israel!

Leave a Reply

Your email address will not be published.