Camino: Waaroor gaan die ophef?
Liewe vriende
Ek hoop 2018 is vir jou geseënd sover! Ons hier in die Kaap behandel elke druppel water soos goud, maar behalwe vir die droogte loop reisgemoedere hoog. Die Rand het goed versterk teen die vernaamste geldeenhede en ons is opgewonde oor al die pelgrimsopsies wat 2018 gaan bied.
Camino de Santiago
As jy nog nie seker is waaroor die groot ophef gaan nie – hier is interessante agtergrondinligting oor die Camino de Santiago.
1.Camino de Santiago beteken die weg van Jakobus, tradisioneel die sendingroete van die Apostel Jakobus en verwys vandag na die verskillende pelgrimstogte wat na Santiago de Compostela in Galicië lei.
2. Daar is heelwat verskeie Camino de Santiago roetes wat in Frankryk,
Portugal en Spanje begin.
3. ‘n Compostela is die sertifikaat wat jy ontvang aan die einde van jou staptog by die pelgrims kantoor in Santiago. Hier sal hulle jou vra of jy vir religieuse redes die Camino geloop het. As jou antwoord “Nee” is (die Camino word vandag in moderne tye vir baie ander redes geloop), sal jy nie ‘n tradisionele Compostela ontvang nie, maar slegs ‘n erkenning dat jy jou Camino voltooi het.
4. Tradisioneel het pelgrims se ‘Camino’ uit hul eie huise begin. Vandag steeds ‘n goeie idee om met jou Camino te begin wanneer jy jou tasse begin pak!
5. Die geel Kammossel skulpe en geel pyle merk die pad na Santiago.
6. Die Camino Primitivo vanaf Oviedo is die oudste Camino de Santiago roete, maar word vandag die minste geloop.
7. Die bekendste Camino-roete is die Camino Francés of Franse Weg wat begin in St. Jean Pied de Port, in die Franse Pireneë.
8. Die roete vanaf St. Jean Pied de Port na Santiago is ± 800 km lank en neem ongeveer vyf weke om te voltooi, maar jy kan jou Camino enige tyd langs die pad begin.
9. Jy moet ten minste 100 km tot by Santiago stap om jou Compostela sertifikaat te ontvang.
10. Dit maak Sarria (± 111 km weg van Santiago) die gewildste beginpunt vir stappers en pelgrims.
11. Ander gewilde beginpunte is Ponferrada (200 km), Leon (300 km) Porto in Portugal (± 250 km) of Tui in Portugal (115 km).
12. Meer as 200,000 pelgrims kom elke jaar in Santiago aan en ontvang hul Compostela sertifikaat.
13. Jou pelgrimspaspoort moet tenminste een keer per dag gestempel word; of twee keer per dag as jy jou Camino in Galicië begin, om jou reis geloofwaardig te maak.
14. Die gestempelde pelgrimspaspoort moet by ‘Albergues’ (openbare koshuise) gewys word indien jy daar wil oornag en stappers geniet voorkeur bo fietsryers. Openbare Albergues werk op “First come first serve” basis en kan nie vooraf bespreek word nie. Ons bespreek jou akkommodasie by plaaslike gastehuise en klein hotelletjies, so jy hoef nie bekommerd te wees oor akkommodasie nie!
15. In Spanje is die tradisie om ‘n ‘siesta’ na middagete te geniet. Die meeste Spanjaarde neem hierdie tradisie baie ernstig op en die meeste dorpe kom tot stilstand tussen 14:00 en 17:00 elke dag. Pelgrims wat dus in Albergues oornag wil graag voor die ‘siesta’ by hul bestemming aankom. Dit plaas baie druk op jou staptog.
16. Die Kodex Calixtinus van die 12de eeu is die oudste gids van Camino de Santiago. Maar moenie bekommerd wees nie, ons sal ‘n opgedateerde stap-gids voorsien as jy jou Camino deur ons aanpak.
17. Die Camino is ‘n langafstand-wandelpad van duisende kilometers in Europa. Dit is ‘n kombinasie van veldpaaie, landelike roetes, klein paadjies en sypaadjies, veral in en uit groter dorpe en stede.
18. Km zero van die Camino is eintlik nie in Santiago nie, maar in Fisterra, aan die Atlantiese Oseaan en hierdie word beskou as die ‘einde van die wêreld’ – ‘n plek van magiese kragte vir voor-Christelike gemeenskappe.
19. 25 Julie is St. Jakobus Dag, ‘n vakansiedag in Santiago en Galicië. As 25 Julie op ‘n Sondag val, word dit beskou as ‘n ‘Heilige Jaar’ of Ano Xacobeo.
20. Die ou stad Santiago de Compostela is sedert 1985 ‘n UNESCO-erfenisgebied. Die Universiteit dateer uit 1495. Die Europese Raad het die Camino de Santiago as die eerste Europese kulturele roete in 1987 aangewys vir sy belangrike rol om kulturele uitruil sedert die Middeleeue te bevorder.
Jeugtoer na die Bybellande vir Tieners en Jong Volwassenes
In 2014 het TIB Tours die eerste Jeugtoer na Israel onderneem. Dit is merkwaardig hoe die Bybel begin lewe en jongmense se geloof ‘n realiteit begin word, deur die plekke van die Bybel te verken – wat hierdie ondervinding ‘n soliede en waardige grondslag vir hul geloof maak.
Tans onderneem ons hierdie Bybellande toer vir jongmense elke tweede jaar. Ons het ‘n toegewyde span wat die groep ondersteun en die reisplan is propvol avontuur, interessante besoekplekke, Bybelonderrig en geleenthede vir geestelike groei, spesifiek gemik op die behoeftes van tieners en jong volwassenes.
Uitstappies sluit o.a.in woestyn safari’s,‘rafting’ op die Jordaanrivier, ons gaan Masada dou voor dag uitklim en die son oor die Dooie See sien opkom, die antieke stad Petra verken, snorkel in die Rooi See en dryf op die Dooie See!
Kom ontdek ons Christelike geloof op ‘n jong ouderdom en bou ‘n fondasie om jou geestelike lewe vir die res van jou lewe te ondersteun!