Take your Group
Oorweeg jy om 'n toer na die Heilige Land te lei? Ons help jou graag en maak seker dat jou toer 'n groot sukses sal wees!
Om vir die eerste keer 'n groep na die Heilige Land te lei, is 'n lewensveranderende gebeurtenis. Dit stel jou in staat om kerkleierskap te bevorder, jou gemeente op ‘n dieper wyse te bedien, om die "soekendes" te bereik terwyl hulle saam met ander gelowiges reis en om saam met kerklede hierdie diep geestelike avontuur te deel. Ons maak ook seker dat jy as groepsleier voordeel daaruit trek deurdat jou eie reiskoste gedek is om jou sodoende te ondersteun om op gereelde basis Bybellandtoere te onderneem.
Ons besef dat groepe verskillende behoeftes het op grond van denominasie, ekonomiese stand asook gemeentekulture. Daarom raadpleeg ons jou in diepte en stel jul eie nieke reisplan na gelang van jou gemeente se behoeftes saam.
Die volgende paar punte is van kardinale belang tydens enige groepsreis:- Jou toergids. Dit is verpligtend om 'n Israeliese geregistreerde toergids voltyds saam met jou op toer te hê. Oor die jare het ons kennis gemaak met baie gidse en sal sorg dat ons die regte gids saam met jou groep stuur. ‘n Ervare gids verstaan jou prioriteite, help jou om die regte besluite te neem, die toer op skedule te hou asook om die groep te beskerm.
- Lengte en koste van die toer. Van ‘n ‘Sak-pas’ tot die fynproewer reisplanne kan aangebied en aangepas word om jou op jul behoftes en groep dinamika te pas.
- Geniet julleself! Onthou, dit is ook 'n vakansie. Dit is 'n geleentheid om jou geestelike batterye te kom laai, bande met familie en vriende te verdiep en betrokke te raak in ware Christelike gemeenskap.