Journey 2018

Volledige Reisplan

Hoogtepunte (Bo en behalwe die normale Israeltoer besoekplekke)

  • 'River Rafting' op die Jordaanrivier
  • Staptog deur die Woud van Banias
  • Golan Hooglande uitkykpunt en IDF bunkers verken
  • Kabelkarretjie na die Berg van Versoeking
  • Stad van Dawid ondergrondse tonnels insluitend Hiskia se tonnel
  • Vroegoggend staptog op na Massada (Opsioneel. Daar is ook 'n kabelkarretjie opsie)
  • Snorkel in die Rooi See by Eilat
  • Oornag in Bedouin kamp en leer van hierdie tradisie
  • Kameelsafari deur die woestyn
  • Wadi Rum Woestyn Jeep Safari
  • Voldag in die Antieke stad Petra

Jeugtoer na Israel: 22 Junie -  3 Julie 2018

WordPress Responsive Table

Ontmoet André - die Toerleier

André van der Merwe: leraar, musikant, eggenoot en pa woon tans in Pretoria waar hy sedert 2009 aan die hoof van Doxa Deo Brooklyn gemeente se kunste bediening staan. Hy is getroud met Suzanne en hulle het twee seuntjies onderskeidelik 5 en 4 asook die nuutste toevoeging tot die gesin, kleine Lilea, nou 8 maande oud.

André het ‘n hart vir jongmense en sy bediening begin direk na skool as deel van die C-kruis beeldende kunste bediening saam met Louis Britzz en Retief Burger. Vir 10 jaar bedien hulle skole en kerke regoor Suid-Afrika dmv dans, musiek, drama en multi-media en brei later uit na Namibië, Swaziland en Amerika. André word later leier van die span in Amerika en tree op onder ‘n nuwe naam – Thirteen’s Floor Youth Ministeries.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika betree hy voltyds die bediening as Jeugleraar by Eden Gemeente onder leiding van dr. Koos van der Merwe. Hy begin hier ‘n tienerbediening genaamd ‘Revolusie’ wat groei van 12 tot 150 tieners in minder as 2 jaar.

Hier leer ken hy ook vir Jan Hoogendyk (beter bekend as Elvis Blue) en tree as baskitaar speler vir twee jaar saam met hom op. Hy speel ook die laaste 5 jaar vir Retief Burger baskitaar.

In 2009 word André en Suzanne beroep na Doxa Deo Brooklyn gemeente in Pretoria, as hoof van die gemeente se kunstebediening en raak ook by die gemeente se gesinsbediening betrokke. Hier begin hy hom ook toerus as berader en is tans besig met sy “Master Coaching” om sodoende mense te kan begelei om hul volle potensiaal uit te leef.

Om al hierdie in André se eie woorde op te som:

“Ek het ‘n liefde vir die kerk en die impak wat die kerk het om mense se lewens, en totale omgewings te transformeer. Ek het ‘n passie vir musiek en om mense te help om die groter prentjie van aanbidding te verstaan in ons allerdaagse lewe. Ek het ‘n hart om mense te help om hul potensiaal en doel te bereik in die lewe, veral om ‘n jonger generasie toe te rus om voluit te lewe. Ek is versot op my gesin en hoe my vrou en kinders elke dag my lewe verander sodat ek meer en meer soos Jesus kan lyk vir ander.”

Basiese Toer Inligting

  • 22 Junie - 4 Julie 2018
  • 11 Nagte / 12 Dae
  • Toer Prys: R 33 400 per persoon wat 'n kamer deel (vlugte ingesluit)
  • 3 Persone per kamer: R 500 afslag elk
  • Wisselkoers: 1 USD = R 13
  • Deposito: R 5 000
  • Minimum Deelnemers: 26

Toerprys Sluit In

  • 12 Dae toer met alle besoekplekke soos op reisplan uiteengesit.
  • Vlugte met Ethiopian Airlines vanaf Johannesburg.
  • Vervoer in luukse lugverkoelde toerbusse.
  • Twee etes per dag.
  • Alle ekskursies.
  • Volledige toerhandleiding en ligte rugsak.
  • Fooitjies vir gidse, busbestuurders, portiere en kelners (sowat $90 p.p.).
  • Visums.

Toerpryse Sluit Uit

  • Reis- en mediese versekering (sowat R350).
  • Middagetes en drinkgoed tydens etes.
  • Persoonlike uitgawes soos wasgoed, telefoonrekeninge, kamerdiens ens.
  • Paspoort fooie.