Rynette Munro (Bloubergstrand)

Ek is seker dat almal wat Israel besoek nie anders kan as om intens bewus te word van die ryke geskiedenis van die besonderse land nie. Die gevaar is egter  dat mens maar net n toeris raak en die heiligheid van die plek kan miskyk. Saam met Willem is dit egter onmoontlik om nie heeltyd intens bewus te wees dat jy op heilige plekke loop nie. Hy het n stil manier wat ongeforseerd jou saamneem na hoe dit moes gewees het in Jesus se tyd. Hy raak onbeskaamd bewoe wanneer hy n trappie klim waar Jesus se voete duisende jare terug moes geloop het. Ek het altyd die gevoel as ek by Willem is dat dit die naaste aan Jesus is wat ek al in n mens ervaar het. Die ervaring was egter slegs moontlik omdat die toer so goed gereel is. Yolandi en TIB Toere se uitstekende organisering maak dat niks jou aandag aftrek van die ervaring nie.

Comments are closed.