Lees meer: Turkye & Italië Groepstoer

Willem se motivering: Hoekom na Rome en nie Athene gaan?

Kom ek begin terug by ’n moontlike Griekse aanhangsel vir ’n Turkye-toer. As jy net Athene insluit, het ons net Paulus se toespraak op die Areopagus,  wat Bybels verantwoord kan word. Die res het te doen met die Griekse afgode en hulle mites en hulle oorloë. Hierby het ek absoluut geen belang nie. Om sin te maak aan ’n Griekelandtoer moet Filippi, Tessalonika en Korinthe ingesluit word. So 'n toer word te lank en baie duur.

Maar ’n besoek aan net Rome maak baie meer Bybels sin.

Rome is die plek waar Paulus en Petrus gemartel en gesterf het en begrawe is. Natuurlik is daar despute oor hulle grafte, maar dit is eintlik net Johannes waarvan ons 100% seker is waar hy begrawe is (in Efese, maar die gewone gidse vat ’n mens nie na die graf toe, tensy jy daarvoor vra).

Rome en die Vatikaan: Hier is die katakombes waar die eerste Christene gedwing is om weg te kruip (net soos in Kappadosië, 1 Petrus 1:1). Hier kry ons die oudste “spotprent” wat teen die mure uitgekrap is – as bewys dat Jesus gekruisig is – en dat hy deur ’n man met die naam van Alexander aanbid is.  Die vroegste bewys daarvan wat ons vandag het.

In die Vatikaan is die aangrypende beelde – Piëta, klein maar aangrypend; en Petrus (met die horings op sy kop! Hoe dan nou - op toer kry ons die antwoord!!)

Die Sistynse kapel: Dit staan bekend as die “mooiste kamer in die hele wêreld”, met die dakskildery van elemente uit die Bybel, tot by die laaste oordeel. Is dit een enkele mens wat dit kon vermag – en dit op sy rug?   Michaelangelo se muurskildery van die Laaste Avondmaal. Dit alleen is ’n besoek werd. Om net daar te sit en jou te verlustig in Kuns Onbeperk – ’n wonderwerk.

St John Lateran Basilica, word die “MoederKerk” van Rome genoem, met 13 enorme beeldhouwerke en ook ’n daksildery (in die koepel), wat weereens jou asem wil wegslaan (en ek het dit nog net op ’n video gesien). Dit is hier waarheen Fransiskus gekom het om by Pous Innocentius III toestemming te kry vir ’n nuwe orde. Die Pous het blykbaar die vorige nag hiervan gedroom – toe Fransiskus dit vra, was die Pous gereed om toestelling te gee! (Maar ek dwaal alweer af).  Ek sou graag met die toeriste wou sit en praat oor skilders en musikante en digters en ons deelname aan hulle wêreld. En een van die groot deurbrake wat ek in my lewe gemaak het: Omdat ek weet dat ek nie kan (mag!) skilder nie en onmusikaal tot die uiterste is, wat kan ek dan doen? Hoe kan ek die kuns waardeer (met ’n hoofletter). Die lewe van Fransiskus het vir my ’n antwoord gegee:  “Jou lewe is ook ’n gedig, ’n lewende kunswerk!”

Fransiskus:  Hy word genoem Die “Laaste Christen”, omdat hy waarskynlik die heel laaste mens was wat presies soos Jesus probeer leef het – en dit sy wêreld verander het.  Sy lewe kom angswekkend so ooreen met ons wêreld en Kerk vandag, met soveel misbruik deur die owerhede, mishandeling en verskriklike dinge wat die Kerk toe aangevang het. En hy kom in opstand daarteen deur weg te beweeg van die kerk se dogma na die letterlike uitleef van die Evangelie.

Dit is moontlik om sy lewe in een dag vas te vang:  Hy was net tweekeer weg uit Assisi: Rome toe, na die Pous en Alexandrië, in Noord-Afrika, om vrede te gaan maak met die Moslems. Die res van sy lewe kan jy waarneem vanaf die berggrotte waarin hy groot dele van sy lewe deurgebring het – Die Carceri Retreat en die Chiesa Nuovaen - dalk sien jy sy lewe – ook toe hy by daardie brug (sien jy dit?) by daardie brug het hy vir die wolwe en die duiwe gepreek?  By daardie kerkie het God hom geroep om die wêreld te verander.  En hier by die Chapel of the Presepio (=krip) in hierdie grot het hy in 1223 die eerste kersfeestoneel opgestel – kompleet met ’n donkie en skaaplammertjies.

Toeropsomming

2 Nagte Istanbul
2 Nagte Kappadosië
1 Nag adan (Antiochië en Tarsus)
3 Nagte Kusadasi met besoeke aan die antieke stad Efése, en die eiland Patmos.
2 Nagte Rome
1 Nag Assisi

Hoogtepunte en Besoekplekke

Istanbul:
Bosphorus bootvaart
Grand Basaar
Spesery Basaar
Opsionele "Tastes of Istanbul" staptoer
Yerebatan Ondergrond kanale
Sultan Ahmed plein met Blou Moskee & Hagia Sophia

Kappadokia:
Kaymakil ondergrond stad
Devrent vallei
Ondergrond stad Ozkonak
Pasabagi - Vallie van die Monikke
'Fairy Chimneys'
Oornag in unieke Grot Hotel
Opsie vir Warm lugballon vaart oor Kappadokia

Adana:
Tarsus - dorp van Paulus
Paulus se koepel
Put van Seëninge
Antiochië
Grot van Petrus
Titus Waterkanaal

Kussadasi:
Dagtoer per boot na die eiland Patmos
Antieke stad Efése
Huis van Maria

Rome:
Bekende fonteine en piaza's toer
Spaanse trappe
Pantheon
Cplosseum
Romeinse forum
Opsionele "Tastes of Rome" staptoer
Vatikaanstad met Sistynse kapel
Pouslike kerke
Katakombes

Assisi:
Leringe van Francis van Assis en voldag toer na Assisi.