Turkye & Italië Groepstoer

In die Voetspore van die Apostels Paulus, Johannes en Petrus

Turkye, die land waar die Evangelie eerste begin posvat het. Bybelplekke soos Tarsus - waar Paulus gewoon het, Antiochië - waar Barnabas Paulus se hulp ingeroep het om nie-Jode deel te maak van die Christen gemeenskap hier en natuurlik Efése - die bes gerestoureerde argeologiese area ter wêreld, eens die tuiste van beide Paulus en Johannes, met Maria se laaste tuiste net 'n entjie hiervandaan!

Hierdie land is so geweldig ryk aan Nuwe Testamentiese geskiedenis en besoekplekke wat jou weke lank sal kan besig hou!

So ons het die absolute hoogtepunte in een meesterlike en fynproewer toer saamgestel!

Reisplan & Pryse Navraag

Basiese Toer Inligting

Turkye: Datum onbekend
Rome (Opsioneel): Datum onbekend

Toerprys Sluit In

  • Ekskursies en etes soos op reisplan uiteengesit
  • Voltydse Engelssprekende gidse
  • Vervoer in luukse lugverkoelde toerbusse
  • Fooitjies vir busbestuurders en gidse
  • Volledige toerhandleiding en ligte rugsak

Toerprys Sluit Uit

  • Vlugte
  • Reisversekering
  • Schengen Visa
  • Etes nie op reisplan gespesifiseer
  • Persoonlike uitgawes soos wasgoed, telefoonrekeninge, kamerdiens ens.
  • Warmlugballon rit in Kappadokia
  • 'Tastes of Istanbul' staptoer
  • Hawe belasting vir dagekskursie na Patmos