Marica Kruger (George)

Om saam met Yolandi en Willem te toer is soos om elke dag te verjaar. Yolandi maak seker dat jy weet presies waar die partytjie is en dat alles perfek gereël is. Jy daag op en hoef nie ‘n vinger te lig om alles te sien, beleef en te geniet nie. Dan kom Willem met die geskenk. Hy laat jou toe om stadig elke lagie papier af te trek en in afwagting te ontdek waar Jesus geloop het, hoe hulle geleef het en die ongelooflike voorreg dat ons vandag ook daar kan loop. Ek het met ‘n groter verstaan van baie dele van die Bybel en ‘n ongelooflike dankbaarheid teruggekom. Ek sal hierdie toergids en toerleier vir almal aanbeveel wat lief is vir die Here en ‘n begeerte het om Israel te beleef, nie net te sien nie!

Comments are closed.