Since 2007, Yolandi van der Wath has assisted adventurous South Africans on their travels and pilgrimages, to the places of the Bible. Come experience this adventure with her!
Yolandi, die eerste besoek aan Israel was fantasties, maar tog baie oorweldigend. Die tweede keer in Israel het die legkaart vir my inmekaar begin pas en kan ek vir enige iemand wat kan, aanbeveel om Israel vir die tweede keer te besoek. My dank ook aan Willem Botha wat totaal onbaatsugtig sy kennis met soveel passie gedeel het. Julle is lieflike instrumente in God se Hand!
Beste Yolandi, Ek wil vir jou baie dankie sê vir jou wel georganiseerde toer, van die besprekings, sakkies, handleidings, skrif en selfs die "currency" kaartjie. Jy het dit voorwaar vir ons maklik gemaak. Dankie vir jou gasvryheid en jou diensbaarheid - niks is ooit vir jou te veel selfs al is jy gedaan - jou positiewe gesindheid, lag en sprankelende persoonlikheid het my aangeraak.
Dit was werklik 'n propvol toer, plus die bonus besoek plekke - waar ek vreeslik baie geleer het, 'n nuwe manier gekry het om na die Woord te kyk. Met tye was ek bewoë en uitgeslaan met "Chic Peas". Die "Chic Pea - aanvalle" het my sommer vroeg begin beet pak...
Ek is seker dat almal wat Israel besoek nie anders kan as om intens bewus te word van die ryke geskiedenis van die besonderse land nie. Die gevaar is egter dat mens maar net n toeris raak en die heiligheid van die plek kan miskyk. Saam met Willem is dit egter onmoontlik om nie heeltyd intens bewus te wees dat jy op heilige plekke loop nie. Hy het n stil manier wat ongeforseerd jou saamneem na hoe dit moes gewees het in Jesus se tyd. Hy raak onbeskaamd bewoe wanneer hy n trappie klim waar Jesus se voete duisende jare terug moes geloop het. Ek het altyd die gevoel as ek by Willem is dat dit die naaste aan Jesus is wat ek al in n mens ervaar het. Die ervaring was egter slegs moontlik omdat die toer so goed gereel is. Yolandi en TIB Toere se uitstekende organisering maak dat niks jou aandag aftrek van die ervaring nie.
Om saam met Yolandi en Willem te toer is soos om elke dag te verjaar. Yolandi maak seker dat jy weet presies waar die partytjie is en dat alles perfek gereël is. Jy daag op en hoef nie 'n vinger te lig om alles te sien, beleef en te geniet nie. Dan kom Willem met die geskenk. Hy laat jou toe om stadig elke lagie papier af te trek en in afwagting te ontdek waar Jesus geloop het, hoe hulle geleef het en die ongelooflike voorreg dat ons vandag ook daar kan loop. Ek het met 'n groter verstaan van baie dele van die Bybel en 'n ongelooflike dankbaarheid teruggekom. Ek sal hierdie toergids en toerleier vir almal aanbeveel wat lief is vir die Here en 'n begeerte het om Israel te beleef, nie net te sien nie!
Baie dankie vir ‘n puik georganiseerde toer Yolandi! Jy’s ‘n uiters hoë standaard gestel en gehandhaaf wat moeilik getroef gaan word. Om ‘n heterogene groep met soveel uiteenlopende idees en verwagtinge te lei en gelukkig te hou is geen grap nie!
Ek is tog so bly dat ek saam met Willem en Yolandi deur Israel kon toer. Dankie Yolandi – jy was rêrig so geduldig met ons!Baie dankie vir jou vriendelikheid en puik georganiseerde toer. Ek voel baie bevoorreg. Hoogtepunte was Masada, Lig en musiekvertoning in Jerusalem, Petra en Nazareth village.
A man’s only possession is his memory. In nothing else is he rich. In nothing else is he poor.” Ons vertrek van jul en Israel met ‘n krediet in ons hart se sak. ‘n Rente waarop ons lank sal kan leef. Yolandi, ek wens vir tyd saam langs ons Rivier Lea en vir jul die oopbars van ‘n ryp granaat. As jy na dié bakkie uit Israel kyk, mag dit jou ryk vul met die wete dat jy ook ‘n granaat vir ander is. Veilige reis.
‘n MOET –bestemming vir elke gelowige: Israel
Nie net het ons in Jesus se voetspore gevolg nie, maar ‘n reis na binne gevolg wat ons nader aan Jesus se hartklop gebring het! Tuis het die Woord nuwe betekenis gekry –plekke was nie net name of geografiese liggings nie/ geboue was nie net leë strukture nie. God se storie toe, het ons storie nou geword.
Tydens 2012 het ek die besonderse voorreg gehad om ‘n toer in Israel en Jordanië mee te maak met Yolandi van der Wath en Koos van der Merwe. My skoonmoeder van 76 se hartswens was om die Bybelse land te sien en ons twee het hierdie ongelooflike reis met musiek en poësie aangepak. Daar is eintlik nie woorde om die ervarings wat ons meegemaak het regtig gestand te doen nie. Om in die voetspore van Jesus en sy dissipels te stap, om te sit op die berg waar Jesus gedeel het, om te reis op dieselfde see van Galilea waar Hy op die water geloop het en om uiteindelik Sy laaste tree deur die Via dela Rosa te stap, is iets wat my ewig sal bybly en dra deur moeilike tye. Ek en skoonmoeder is beide in die Jordaan rivier gedoop en sal een van die top hoogtepunte van my lewe bly aangesien ek ook daar ‘n emosionele afskeid moes neem van iemand wat vir my baie lank baie na aan die hart was. Die toer deur die Heilige land is ‘n sensoriese belewenis. Yolandi en Koos het ons op so ‘n besonderse manier begelei deur die wonderskone natuur en besienswaardighede, blootgestel aan tipiese maaltye eie aan die land, die modder van die Dooie See laat voel, laat luister na die klanke van pragtige musiek toe ons Jerusalem binnery en die hartseer laat voel by die graf van Jesus. Ek sal nooit die opwinding van ‘n reis agter op ‘n bakkie in die WadiRum woestyn, ‘n braaivlei in ‘n Bedoeine tent en die asemrowende skoonheid van Petra in Jordanie vergeet nie. Ek sal hierdie toer vir enigeiemand op enige fase van hul lewensreis aanbeveel.
© Copyright 2018 Stap die Camino | TIB Tours. All Rights Reserved | Designed by IMS Events