Melanie van Rooy (Honeydew)
Tydens 2012 het ek die besonderse voorreg gehad om ‘n toer in Israel en Jordanië mee te maak met Yolandi van der Wath en Koos van der Merwe. My skoonmoeder van 76 se hartswens was om die Bybelse land te sien en ons twee het hierdie ongelooflike reis met musiek en poësie aangepak. Daar is eintlik nie woorde om die ervarings wat ons meegemaak het regtig gestand te doen nie. Om in die voetspore van Jesus en sy dissipels te stap, om te sit op die berg waar Jesus gedeel het, om te reis op dieselfde see van Galilea waar Hy op die water geloop het en om uiteindelik Sy laaste tree deur die Via dela Rosa te stap, is iets wat my ewig sal bybly en dra deur moeilike tye. Ek en skoonmoeder is beide in die Jordaan rivier gedoop en sal een van die top hoogtepunte van my lewe bly aangesien ek ook daar ‘n emosionele afskeid moes neem van iemand wat vir my baie lank baie na aan die hart was. Die toer deur die Heilige land is ‘n sensoriese belewenis. Yolandi en Koos het ons op so ‘n besonderse manier begelei deur die wonderskone natuur en besienswaardighede, blootgestel aan tipiese maaltye eie aan die land, die modder van die Dooie See laat voel, laat luister na die klanke van pragtige musiek toe ons Jerusalem binnery en die hartseer laat voel by die graf van Jesus. Ek sal nooit die opwinding van ‘n reis agter op ‘n bakkie in die WadiRum woestyn, ‘n braaivlei in ‘n Bedoeine tent en die asemrowende skoonheid van Petra in Jordanie vergeet nie. Ek sal hierdie toer vir enigeiemand op enige fase van hul lewensreis aanbeveel.